Jy is nie ingeteken nie - Teken in of registreer

Nuus

Pam Golding hou Vereeniging groen

Gepubliseer: Maandag, 2012/09/17

Pam Golding het tydens Boomplantweek 20 Paulownia Elongata-bome by Eurisko Sentrum vir Gestremdes geplant.

VEREENIGING. - – Lande regoor die wêreld vind dit belangrik om die jeug op te voed oor die noodsaaklikheid om die omgewing so “groen” as moontlik te hou en ‘n dag word opsy gesitom bome te plant. In Suid-Afrika strek die belangrike funksie egter oor ‘n week en Pam Golding in Vereeniging het seker gemaak dat hulle bome plant dat die biesies bewe.
Werknemers van Pam Golding het op 31 Augustus 20 Paulownia Elongata-bome, wat die vinnigste groei­ende boom in die wêreld is, by Eurisko Sentrum vir Gestremdes geplant. Die boom is ook droogtebestand en het dus nie baie water nodig nie. Volgende op die lys was skole en Pam Golding het uitgereik na die Laerskool Drie Riviere waar drie van die bome geplant is, een by die Hoërskool Vereeniging, vyf by Hoërskool Drie Riviere en drie by die Vryheidsmonument. “Ons kon nie-winsgewende organisasies en skole identifiseer waar ons die omgewing groener kan maak,” het Susan Cloete van Pam Golding gesê.
Boomplantweek was vir Pam Golding in Vereeni­ging ‘n reuse-sukses en hulle beplan om volgende jaar weer so te maak.

Deur: Carla du Plessis

Kyk na kommentaar Voeg kommentaar by